Fasiliteitsbestuur op 'n Nuwe Vlak

Van Klaskamer tot Sportveld:
Totale Beheer.

Bestuur jou fasiliteite, toerusting en voertuie se besprekings op een platform. Skakel botsings tussen besprekings uit en raak ontslae van die papierwerk.

14:09
Voer jou e-posadres in
Wagwoord
|||

Waarom die "Ou Manier" nie werk nie

Dubbelbesprekings

Die revue-oefening bots met die matriek-eksamen in die saal. Niemand het die dagboek nagegaan nie en nou is daar chaos.

Onsigbare Beskikbaarheid

Is die lokaal beskikbaar? Niemand weet nie. Jy moet eers die spesifieke persoon opspoor wat die fisiese dagboek bewaak, en dié is nêrens te vinde nie.

Gebroke Kommunikasie

Die bespreking is gemaak, maar die boodskap het nie by die grondpersoneel uitgekom nie. Nou staan die gaste vir die tennistoernooi reg, maar die bane is vuil en daar is geen tafels of stoele in sig nie.

Die LOKE Sisteem

Alles wat jy nodig het in een gesentraliseerde, veilige wolk-omgewing.

Vlakke van Toegang

  • Die stelsel maak voorsiening vir spesifieke rolle: Goedkeurder, Gebruiker en Ondersteuning.
  • Goedkeurders het volle beheer om nuwe fasiliteite en gebruikers by te voeg, en bepaal presies wie toegang tot watter bates het.
  • Hulle tree ook op as die finale hekwagter om versoeke goed of af te keur.

Geïntegreerde Werksvloei

  • Gebruikers bespreek nie net 'n lokaal nie; hulle kan direkte instruksies aan die ondersteuningspan stuur vir die spesifieke fasiliteit.
  • Ondersteuningspersoneel kan take aanvaar of weier.
  • Hulle kan selfs besprekings maak vir toerusting wat aan hulle toegewys is.

Intydse Kommunikasie

  • Die stelsel hou almal op hoogte via mobiele toestelle of rekenaar.
  • Goedkeurders kry kennisgewings van nuwe take, en gebruikers weet onmiddellik as 'n versoek aanvaar is.
  • Indien 'n versoek afgekeur word, moet 'n rede verskaf word, sodat niemand ooit in die duister gelaat word nie.

Jou Entiteit, Jou Identiteit

  • Die LOKE-platform trek jou entiteit se baadjie aan.
  • Jou logo en unieke kleurskema word gelaai.
  • Die stelsel voel soos 'n natuurlike uitbreiding van jou entiteit se handelsmerk.

Kontak Ons

Of stuur 'n e-pos direk na info@loke.co.za